WIE HELP DIE BOOMHUIS?

Die Boomhuis is 'n Akademiese instelling wat die afgelope 20-jaar reeds spesialiseer in die onderrig van Wetenskap en Wiskunde vir Hoërskool leerders.  Die Boomhuis bestaan huidiglik uit twee bene.

Die eerste been bestaan uit 'n ervare span Tutors wat daagliks lesse aanbied by die Boomhuis in Centurion.
Leerlinge van onderskeidelik Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Eldoraigne woon weeklikse hierdie klasse by in skoolverband.  Die voordeel om klasse in skoolverband aan te bied lê daarin dat dit baie interaktief is en gerig is op die werk wat die leerders gedurende die week by die skool behandel.

Die tweede been is "Die Digitale Boomhuis" waar verskeie studente van reg oor die land self-help-hulp verkry via verskillende digitale platvorms.   "Die Digitale Boomhuis" verskaf uniekie self-help-materiaal aan ingetekende studente wat verduidelikings, ekstra vrae, videos ensovoorts insluit.
WAAROP FOKUS DIE BOOMHUIS?

Ons fokus en passie is om leerlinge te motiveer en positiewe, lewenslustige, doelgerigte tieners te help kweek... seuns en dogters wat weet waarheen hulle oppad is en weet hoekom hulle op aarde is. Wetenskap en wiskunde is vir studente baie makliker wanneer hulle in hulself glo. Ons glo absoluut aan verduideliking, herhaling en inoefening. Ons verduidelik en breek die werk op nuwe maniere oop. Ons werk in die klas deur geweldig baie voorbeelde en ou-vraestelle maar die rol wat die student se tuiswerk speel kan nie buite rekening gelaat word nie. Daar is altyd genoeg ekstra werk beskikbaar vir ons studente op die Boomhuis se digitale platvorm.
Adres:
Die Boomhuis
Golflaan 132
Clubview
Centurion

Navrae en Rekeninge:
liesl@boomhuis.co.za

Student vordering:
rudolph@boomhuis.co.za

Selnommer
:
082 577 3919