HOE WERK DIE BOOMHUIS KLASSE?

Die studente word in 'n vaste weeklikse klastyd ingedeel.  Die weeklikse klastyd bly dieselfde gedurende die jaar.  Die tydsduur van die weeklikse klastyd is een-en-'n-half-uur (1h30min).

Tydens die Mei/Junie- en Oktober/November eksamens word daar soveel as moontlik ekstra lesse geskeduleer volgens die studente se persoonlike eksamenroosters. Die weeklikse klastyd val dan weg en die leerders woon die bespreekte eksamenklastye by.  Daar is gevalle (veral in eksamens) dat ons besluit om langer lesse aan te bied omdat studente meer inoefening benodig in welke geval die tutor dit vooraf sal reël.  Daar is ook gevalle waar die tutors die studente vra om in groter groepe 'n oefentoets of eksamen te kom aflê waarvoor die studente moet voorbrei om goeie resultate te verseker.

Ons is gaande oor tegnologie! Ons maak jaarliks gebruik van digitale platvorms om ekstra oefeninge en weeklikse lesse op 'n meer omgewingsvriendelike en vinnige manier aan die studente beskikbaar te stel. Die student het data nodig om toegang tot ons ekstra werk te verkry. (Dit kan Wifi data wees of selfs die data op hul selfone)

"Ons droom en gebed is dat elke student wat Die Boomhuis besoek sal spreek daarvan dat dit 'n onlosmaklike deel van sy/haar skoolervaring en prestasies is. Ons hoop dat die rol wat ons speel  en die invloed wat ons het, baie verder sal strek as die klasse en vak(ke) wat aangebied word."
Adres:
Die Boomhuis
Golflaan 132
Clubview
Centurion

Navrae en Rekeninge:
liesl@boomhuis.co.za

Student vordering:
rudolph@boomhuis.co.za

Selnommer
:
082 577 3919